Micah 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal hulle die HERE aanroep, maar Hy sal na hulle nie luister nie; Hy sal in dié tyd selfs sy aangesig vir hulle verberg, omdat hulle sleg gehandel het in hul handelinge.
Afrikaans (NLV) 2011
As julle na die Here roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer!
Afrikaans 1933/1953
Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in die tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
Afrikaans 1983
Wanneer hulle tot die Here roep, sal Hy hulle nie antwoord nie. Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie, want hulle het baie verkeerd gehandel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal hulle na die Here om hulp roep, maar Hy sal hulle nie antwoord nie. In daardie tyd sal Hy sy gesig vir hulle verberg omdat hulle optrede boos was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan roep julle na die Here en julle vra dat Hy julle moet help, maar Hy antwoord julle nie. Hy wil nie luister na julle nie, want julle het verkeerd gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here is nie tevrede met hierdie verkeerde dinge wat julle doen nie. Daarom sal Hy, as julle na Hom roep om julle te help, julle nie antwoord nie. Julle kan maar smeek dat Hy iets spesiaals vir julle moet sê of wys, Hy sal dit nie doen nie.”