Micah 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE aangaande die profete wat my volk laat dwaal, wat met hulle tande byt en roep: Vrede! en hy wat nie in hulle mond steek nie, hulle berei oorlog teen hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hulle wat weier om te betaal.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!
Afrikaans 1983
So sê die Here oor die profete wat my volk verlei, die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry, en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here oor die profete wat my volk mislei, wat vrede verkondig as hulle iets te ete kry; maar as iemand hulle nie iets in die mond stop nie, 'n oorlog teen hom heilig:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg: “Wanneer mense vir julle kos gee, dan sê julle daar sal vrede wees, en wanneer hulle nie vir julle kos gee nie, dan sê julle daar sal oorlog kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is wat die Here wil hê Miga vir die profete moet sê. “Die Here sê: ‘Julle lei my mense op ’n dwaalspoor. As hulle vir julle kos gee om te eet, het julle allerhande mooi dinge vir hulle te vertel. Dit is net wat hulle wil hoor. As iemand weier om julle te betaal, dan word julle kwaad en behandel hulle soos julle vyande.’