Micah 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal nag vir julle wees, dat julle geen gesig sal hê nie; en dit sal vir julle donker wees, sodat julle nie waarsê nie; en die son sal ondergaan oor die profete, en die dag sal donker wees oor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene. Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie. Die son gaan sak vir die profete. Hulle dae is getel.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
Afrikaans 1983
Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie, donkerte, nie 'n voorspelling nie. Die son sal ondergaan vir hierdie profete, die dag sal pikdonker word oor hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Daarom, dit sal vir julle nag wees, sonder visioene, ja, donker, sonder voorspellings. Die son sal ondergaan vir die profete, die dag sal vir hulle pikdonker wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sal dit nag word vir julle. Die Here sal nie vir julle wys wat sal gebeur nie. Die son sal ondergaan vir die profete. Dit sal donker word vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê dit is nag vir julle. ‘Die toekoms lyk maar donker vir julle, want Ek gaan nie vir julle iets besonders wys in ’n droom of vir julle iets oor die toekoms sê nie.’ Dit gaan vir hulle voel of die son vir hulle ondergegaan het en die donkerte hulle vasvang. Dit is hulle einde. Hulle sal nie meer kan doen waarvoor profete bekend is nie. Hulle gaan hulle plek in die samelewing verloor.