Micah 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal die sieners beskaamd staan en die waarsêers beskaamd staan; ja, hulle sal almal hul lippe bedek; want daar is geen antwoord van God nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die sieners sal in die skande kom, die waarsêers sal verleë staan. Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”
Afrikaans 1933/1953
En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.
Afrikaans 1983
Die sieners sal teleurgestel staan, die voorspellers sal bedroë daarvan afkom. Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou, want God sal nie antwoord nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die sieners sal in die skande gesteek word, die voorspellers sal beskaamd staan. Hulle sal almal hulle snorre bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die profete dink hulle weet wat sal gebeur, maar hulle sal nie weet wat om te sê nie, want God sal nie met hulle praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie profete wat altyd sê wat in die toekoms gaan gebeur, gaan in die skande kom omdat hulle niks gaan hê om daaroor te sê nie. Omdat hulle skaam is, sal hulle almal hulle gesigte met hulle hande toehou, want die Here wil nie met hulle praat nie.”