Micah 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek is waarlik vol van krag deur die Gees van die HERE, en van reg en van krag, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
Afrikaans (NLV) 2011
Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.
Afrikaans 1933/1953
Ek daarenteen is vol krag, m,t die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
Afrikaans 1983
Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ek, ek is gevul met krag, met die Gees van die Here, met 'n sin vir geregtigheid en die moed, om aan Jakob sy opstand en aan Israel sy sonde bekend te maak:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Net ek, Miga, is sterk. Die Gees van die Here het my sterk gemaak. Ek weet wat is reg, en ek is nie bang om vir die Israeliete te sê dat hulle sonde gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tog sê Miga: “Ek voel dat die Here se Gees in my lewe is. Hy gee my baie krag. Ek het ook ’n goeie gevoel vir wat reg en verkeerd is. Verder is ek nie bang om vir die mense van Juda en Israel te sê wat hulle verkeerd doen nie en waarvan die Here nie hou nie.