Micah 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor tog hierna, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel, wat 'n afsku het van reg en alle billikheid verdraai.
Afrikaans (NLV) 2011
Luister na my, leiers van Israel! Julle haat regverdigheid en verdraai die reg.
Afrikaans 1933/1953
Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg 'n afsku het en al wat reg is, verdraai;
Afrikaans 1983
Luister hierna, leiers van Jakob, regeerders van Israel, julle wat die regspraak minag en alles verdraai,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Luister tog hierna, hoofde van die huis van Jakob en gesagvoerders van die huis van Israel, julle wat regte minag en alles wat reg is, verdraai;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle dink dit is nie belangrik om reg te doen nie, julle dink dit is reg om verkeerd te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoor hier, julle leiers van Israel! Julle is mos die mense wat regverdigheid nie kan verdra nie. Julle lieg en bedrieg almal.