Micah 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels; en mense sal daarheen stroom.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Tyd sal aanbreek wanneer die Here se tempel in Jerusalem die belangrikste plek op aarde sal wees. Mense sal van oral af kom om daar te aanbid.
Afrikaans 1933/1953
En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.
Afrikaans 1983
Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ In die laaste dae sal die berg van die Here se huis stewig staan, as die hoogste van die berge; ja, hy sal bo die heuwels uittroon. Volke sal daarheen stroom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sê: “Eendag sal die berg waarop die Here se tempel staan, hoër wees en vaster staan as die ander berge en heuwels. Baie volke sal na hierdie berg kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Miga het gesê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer die tempel in Jerusalem die belangrikste plek op aarde sal wees. Mense van verskillende lande en volke sal na die tempel toe kom om die Here te kom dien.