Micah 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees in pyn en arbei om te baar, o dogter van Sion, soos 'n baarende vrou; want nou moet jy uit die stad uittrek en in die veld woon, en jy sal na Babel gaan; daar sal jy gered word; daar sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.
Afrikaans (NLV) 2011
Mense van Jerusalem, ervaar pyn en benoudheid soos ’n vrou in kraam! Julle sal die stad moet verlaat om op die oop velde te bly. Julle gaan binnekort in ballingskap na Babel toe geneem word. Maar die Here sal julle daar red. Hy sal julle verlos uit die mag van julle vyande.
Afrikaans 1933/1953
Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom -- dr sal jy gered word, dr sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.
Afrikaans 1983
Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne soos 'n vrou in kraam! Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Krimp ineen en skreeu dit uit, dogter van Sion, soos iemand met geboortepyne! Want nou sal jy die stad moet verlaat en in die veld gaan woon. Jy sal na Babilonië gaan: Daar sal jy gered word; daar sal die Here jou uit die hand van jou vyande verlos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet seerkry, jy moet skree soos 'n vrou wat 'n kind kry, want jou mense moet uit die stad gaan. Hulle moet in die veld gaan woon en dan na die stad Babel gaan. Die Here sê: “Daar in Babel sal Ek julle red, Ek sal julle vrymaak van julle vyande.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nee,” sê Miga toe, “die mense van Jerusalem behoort benoud te wees. Hulle kan maar gerus skreeu, want moeilike tye lê vir hulle voor. Jerusalem is nie so veilig as wat hulle dink nie. Dit is beter om uit die stad uit te vlug na die oop ruimtes om die stad of selfs om na Babel toe te gaan. Dit is nou wel die hoofstad van die vyand, maar die Here sal hulle daar kom verlos uit die mag van hulle vyande.”