Micah 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op en dors, o dogter van Sion, want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper maak; en jy sal baie volke stukkend slaan; en Ek sal hulle wins aan die HERE wy en hulle besittings aan die HERE van die hele aarde.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê vir Jerusalem: “Maak jou gereed en vernietig die nasies! Ek sal vir jou ysterhorings en koperhoewe gee sodat jy baie nasies kan vertrap. Gee al die rykdom wat jy so bekom as offers aan My. Ek is die Here van die hele wêreld.”
Afrikaans 1933/1953
Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde. [ (Micah 4:14) Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen. ]
Afrikaans 1983
Maak klaar en dors die gerwe, Sion! Ek maak jou sterk: Ek gee vir jou bronskloue sodat jy baie nasies kan vermorsel. Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het, al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
‘Staan op en dors die gerwe, dogter van Sion, want Ek maak jou horing van yster en jou hoewe maak Ek van brons. Jy sal baie nasies vertrap! Jy sal hulle buit aan die Here toewy, al hulle rykdom aan die Heer van die hele aarde. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou moet die mense van Jerusalem die volke trap soos beeste die koring-gerwe trap. Die Here sê: “Ek gee vir hulle ysterhorings en brons-pote. Dan kan hulle die volke fyntrap en hulle kan die volke se goed vat en vir My present gee.” Die volke se goed sal behoort aan die Here van die hele aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense van Juda glo dat die Here hulle baie sterk sal maak om teen die nasies te kan veg en hulle te vernietig. Dan sal hulle die kosbare besittings van die vyand vat en dit na Jerusalem bring as die Here se buit. Hy is mos die Koning van die hele wêreld.”