Micah 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En baie nasies sal kom en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob; en Hy sal ons sy weë leer, en ons sal in sy paaie wandel, want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie nasies sal kom en sê: “Kom laat ons opgaan na die berg van die Here, na die tempel van die God van Israel. Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Dan sal die gebooie uitgaan vanuit die tempel en die woord van die Here uit Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
Afrikaans 1983
baie nasies sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
baie nasies sal gaan en sê, ‘Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons van sy weë kan leer, en ons op sy paaie kan volg.’ Ja, uit Sion sal daar onderrig kom en die woord van die Here uit Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van baie volke sal kom en hulle sal sê: ‘Kom ons gaan op teen die berg van die Here, na die tempel van die God van Jakob. Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen, en dan kan ons so lewe. Ons moet na Jerusalem gaan, dan sal ons weet wat die Here wil hê ons moet doen en wat Hy vir ons wil sê.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hulle sal sê: ‘Kom ons gaan na die tempel toe in Jerusalem, want Israel se God is daar. Ons wil graag by Hom leer hoe ons behoort te lewe. Jerusalem is ’n belangrike plek, want dit is waar ons sal kan uitvind of die Here iets spesiaals vir ons tyd wil sê.’