Micah 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want al die volke sal elkeen wandel in die naam van sy god, en ons sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altyd.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke nasie kan sy vertroue stel in hulle gode, maar ons sal vir altyd ons vertroue stel op die Here ons God.
Afrikaans 1933/1953
Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.
Afrikaans 1983
Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs as al die volke elkeen in die naam van sy god voortgaan, sal óns in die naam van die Here ons God voortleef vir altyd en altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, elke volk lewe soos sy god wil hê, maar ons sal altyd lewe soos ons God wil hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die opponente het geantwoord: “Hierdie nasies moet lewe soos hulle gode van hulle verwag. Ons sal aan die Here, wat ons God is, gehoorsaam wees.”