Micah 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal die wat gebroke is, 'n oorblyfsel maak en haar wat ver weg is, 'n sterk nasie; en die HERE sal oor hulle heers op die berg Sion van nou af tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is verswak en ver van hulle huise af, maar Ek sal hulle weer ’n sterk en magtige nasie maak. Ek, die Here, sal hulle Koning wees. Ek sal vir ewig in Jerusalem oor hulle regeer.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.
Afrikaans 1983
Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes 'n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal die gebreklikes 'n oorblyfsel maak, en dié wat ver weg was, 'n sterk nasie.’ Die Here sal op die berg Sion oor hulle koning wees, van nou af tot in ewigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal my skape terugbring, my skape wat oorgebly het. Ek het my volk weggejaag, maar Ek sal hulle terugbring en Ek sal hulle weer 'n sterk volk maak. Ek sal self op Sionsberg oor hulle regeer, vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense wat die swaar straf oorleef het, sal Ek weer ’n trotse nasie maak. Ek sal tot in die verre toekoms hulle Koning in Jerusalem wees.’”