Micah 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy, o toring van die kudde, die vesting van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, die eerste heerskappy; die koninkryk sal kom na die dogter van Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem, veilige vesting vir God se mense, Ek sal jou mag herstel. Jerusalem sal weer soos vroeër die stad wees waar die koning regeer.”
Afrikaans 1933/1953
En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.
Afrikaans 1983
Verlate vesting, Sionsheuwel, die beloftes aan jou sal vervul word: jy sal weer heers soos voorheen, Jerusalem sal weer die hoofstad wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En jy, wagtoring van die kudde, vesting van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy is op pad – die koningskap vir die dogter van Jerusalem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En soos voorheen sal daar weer 'n koning in Jerusalem wees, en hy sal kyk dat dit goed gaan met my volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Jerusalem is ’n sterk en veilige stad. Dit is op ’n hoogte gebou sodat die mense van Juda daar veilig kan wees. Jerusalem sal weer soos vroeër die hoofstad wees van waar die koning sal regeer.