Micah 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou waarom roep jy hardop? is daar geen koning in jou nie? is u raadsman omgekom? want smarte het jou geneem soos 'n baarende vrou.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar waarom skreeu jy nou so benoud? Het jy dan nie ’n koning nie? Het jou raadgewers verdwyn? Angs het jou vasgegryp, soos ’n vrou wat in kraam is.
Afrikaans 1933/1953
Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?
Afrikaans 1983
Waarom skreeu jy so hard? Het jy nie 'n koning nie? Het jou raadgewer omgekom dat kraampyne jou oorval het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waarom skree jy dan nou so hard? Het jy nie meer 'n koning nie? Of het jou raadgewer verdwyn, sodat pyn jou oorval het soos 'n vrou wat geboorte skenk?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem, hoekom skree jy? Hoekom kry jy seer soos 'n vrou wat 'n kind kry? Is jou koning weg? Is die mense weg wat vir jou moet sê wat om te doen?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoekom skreeu die mense van Jerusalem dan so benoud? Dit is tog onnodig, want die koning regeer mos nog in die stad. Hulle gekreun en gekla is ook onnodig, hulle planmakers is mos nie dood nie!” antwoord die opponente toe.