Nahum 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want terwyl hulle saamgevou is soos dorings, en terwyl hulle dronk is soos dronkaards, sal hulle verteer word soos stoppels wat heeltemal droog is.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy vyande is soos vervlegte dorings, soos slingerende dronkaards. Maar Hy sal hulle soos droë strooi verbrand.
Afrikaans 1933/1953
Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat -- hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.
Afrikaans 1983
Al is julle inmekaargevleg soos dorings, en al is julle deurweek van drank, julle sal soos kurkdroë stoppels verbrand word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs al word hulle saamgevleg tot 'n doringskerm, en omring deur rankplante, hulle sal verteer word soos stoppels wat heeltemal droog is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle is soos dorings wat inmekaar steek, hulle is dronk van die wyn wat hulle drink, maar hulle sal brand soos kaf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vyand is soos ’n groen bos met baie digte dorings. Dit laat ’n mens dink dat jy nie aan hom kan raak of deur hom kan kom nie. Maar al is dit so, sal die Here hulle soos droë strooi verbrand.