Nahum 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar het een uit jou uitgekom wat kwaad bedink teen die HERE, 'n goddelose raadgewer.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie is hierdie koning van julle wat durf waag om bose planne teen die Here te beraam?
Afrikaans 1933/1953
Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die HERE beraam het, wat verderflike planne gemaak het.
Afrikaans 1983
Daar het een uit jou gekom, Nineve, wat kwaad bedink teen die Here, planne wat nie sal slaag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Uit jou het hy weggetrek, hy wat onheil beraam teen die Here, wat boosheid beplan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar het iemand uit Nineve gekom wat slegte planne teen die Here gemaak het. Hy wou hê dit moet sleg gaan met die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is die slegte koning van Nineve wat bose planne teen die Here uitdink.