Nahum 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Al is hulle stil en net so baie, tog sal hulle so uitgeroei word as hy deurtrek. Al het Ek jou verdruk, Ek sal jou nie meer verdruk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Selfs al het Assiriërs baie bondgenote, hulle sal vernietig word en van die toneel af verdwyn. My volk, Ek het julle alreeds tevore gestraf, maar Ek sal dit nie weer doen nie.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en so groot in getal, tog sal hulle net so afgemaai word en vergaan. Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;
Afrikaans 1983
So sê die Here: Al is hulle hoe sterk, hoe baie, hulle sal afgemaai word en tot niet gaan. Ek het jou verneder, my volk, maar Ek sal jou nie weer verneder nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Al was hulle ook in volle sterkte, so baie as wat hulle was, soveel is afgemaai en het verdwyn. ” “Ek het jou verneder, maar Ek sal jou nie weer verneder nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Daar is nou baie soldate in Nineve, en hulle is sterk. Maar hulle sal almal in oorlog sterf. My volk, Ek het julle laat swaarkry, maar Ek sal julle nie weer laat swaarkry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hoor wat sê die Here: “Die Assiriërs is baie sterk en hulle het die beste wapens. Hulle is ook baie mense. Maar al is dit so, hulle sal vernietig word en soos mis voor die son verdwyn. Vroeër het Ek my volk verneder deur hulle aan die lot van hulle vyande oor te laat, maar Ek sal dit nie weer doen nie.