Nahum 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want nou sal Ek sy juk van jou afbreek en jou boeie stukkend breek.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek breek nou die juk wat julle onderdruk en bevry julle van hulle oorheersing.”
Afrikaans 1933/1953
maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.
Afrikaans 1983
Ek breek nou die juk wat op jou is, Ek vernietig die bande wat jou bind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom gaan Ek sy juk breek wat op jou rus, jou stroppe gaan Ek aan stukke ruk.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal julle nou vrymaak. Nineve sal nie meer regeer oor julle nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal sorg dat die Assiriërs nie langer oor julle baasspeel nie. Ek sal die houvas wat hulle op julle het, verbreek.”