Nahum 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het 'n bevel aangaande jou gegee dat daar nie meer van jou Naam gesaai word nie; uit die huis van jou gode sal Ek die gesnede beeld en die gegote beeld uitroei; want jy is gemeen.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sê die Here vir die Assiriërs: “Julle sal nie kinders hê wat julle name laat voortleef nie. Al die beelde in julle afgodstempels sal Ek vernietig. Ek berei ’n graf vir julle voor, want julle is afstootlik en verdien nie om te leef nie!”
Afrikaans 1933/1953
Maar die HERE sal dit oor jou verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind.
Afrikaans 1983
Maar oor jou, Nineve, beveel die Here: “Jou naam sal nie meer genoem word nie!” Ek vernietig die beelde in jou tempels, Ek grawe jou graf, want dit is klaar met jou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here beslis oor jou, koning: “Jou naam sal nie meer voortleef nie. In die huis van jou gode sal Ek die gesnede beelde en gegote beelde vernietig. Ek berei jou graf voor, want jy is onbenullig. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nineve, die Here het gesê die vyande moet jou verwoes, niemand sal jou naam weer noem nie. Die Here sê: “Ek sal die beelde stukkend breek wat in jou afgod se tempel is. Ek grawe vir jou 'n graf, want jy beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het ook die volgende oor Assirië te sê: “Jy sal nie kinders hê wat jou naam sal laat voortleef nie. Verder sal Ek ook die beelde van julle gode wat in julle tempels is, vernietig. Dit is nou die beelde wat met die hand gekerf is en ook dié wat met ’n vorm gegiet is. Ek het ook klaar reggemaak vir julle begrafnis, want julle is niks werd nie.”