Nahum 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk op die berge die voete van hom wat goeie boodskap bring, wat vrede verkondig! O Juda, hou jou feestye, doen jou geloftes, want die goddelose sal nie meer deur jou trek nie; hy is heeltemal afgesny.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk! ’n Boodskapper met goeie nuus kom oor die berge! Hy bring ’n boodskap van vrede. Mense van Juda, vier julle feeste, betaal julle geloftes. Julle vyande is verslaan! Hulle sal julle land nooit weer binneval nie.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
Afrikaans 1983
Kyk daar, oor die berge kom 'n boodskapper aangehardloop wat goeie nuus aankondig: Vier jou feeste, Juda, betaal jou geloftes! Die verdrukker sal nie weer deur jou land trek nie, hy is verslaan, vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk! Op die berge is die voete van die een wat 'n goeie boodskap bring, wat 'n vredesboodskap laat hoor: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kyk, daar oor die berge kom iemand wat 'n boodskap bring. Hy bring goeie nuus, hy sê daar sal vrede wees. Hy sê: ‘Mense van Juda, julle moet julle feeste vier. Julle moet vir die Here gee wat julle belowe het. Die slegte mense wat julle verdruk het, sal nie weer in julle land kom nie. Hulle is dood.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk, ’n boodskapper wat die goeie nuus bring dat ons nou vry is, is reeds op pad hierheen. Hy laat nie eens berge in sy pad staan om die goeie nuus te kom oordra nie: “Mense van Juda, die tyd het nou gekom dat julle weer julle feeste kan vier en julle beloftes kan nakom! Julle bose vyande uit Nineve sal julle land nie weer inval nie, want hulle is heeltemal verslaan.”