Nahum 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God is jaloers, en die HERE neem wraak; die HERE neem wraak en is grimmig; die HERE sal wraak neem op sy teëstanders, en die grimmigheid bewaar vir sy vyande.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here is ’n God wat absolute lojaliteit vra. Hy is vol wraak en woede. Hy wreek Hom op al sy teenstanders en vernietig sy vyande.
Afrikaans 1933/1953
'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.
Afrikaans 1983
Die Here is 'n God wat baie begaan is oor sy volk, 'n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam teen sy vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here is 'n besitlike God, en Hy wreek Hom. Die Here neem wraak met woede. Die Here wreek Hom op sy teenstanders, Hy is toornig teenoor sy vyande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here is 'n God wat baie kwaad word en wat sy vyande straf. Hy straf die mense wat teen Hom is, Hy bly kwaad vir sy vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here hou niks daarvan dat mense ander gode aanbid nie. Dit maak Hom baie kwaad. Daarom straf Hy mense wat teen Hom in opstand kom. Hy wreek Hom ook op sy teëstanders deur hulle te straf.