Nahum 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy bestraf die see en maak dit droog en laat al die riviere verdroog: Basan kwyn en Karmel, en die blom van die Líbanon kwyn.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy beveel, en oseane en riviere droog op, die groen weivelde van Basan en Karmel verdroog, die botsels van Libanon verdor.
Afrikaans 1933/1953
Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die L¡banon verwelk.
Afrikaans 1983
Hy spreek die see aan en laat dit droog word, Hy laat al die riviere opdroog. Basan en Karmel verdor, die groenigheid op die Libanon verwelk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy berispe die see en laat dit opdroog; al die riviere laat Hy wegdroog. Basan en Karmel verdor, die bloeisels van Libanon verwelk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer Hy met die see raas, dan word die see droog. Hy laat al die riviere droog word. Die plante in Basan en op Karmel-berg word droog. Al die blomme op die Libanon-berg verlep en gaan dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy wys ook sy mag deur net ’n opdrag te gee en die see en die riviere droog op. Hy laat ook die groen weiding op groot berge droog word en op ander berge weer laat Hy die bloeisels verwelk.