Nahum 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die berge bewe vir hom, en die heuwels smelt, en die aarde word verbrand voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Berge skud in sy teenwoordigheid en die heuwels smelt weg. Hy laat die aarde bewe, so ook die wêreld en die mense wat dit bewoon.
Afrikaans 1933/1953
Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.
Afrikaans 1983
Berge bewe voor Hom, heuwels wankel; die aarde, die wêreld en almal wat daarin woon, deins terug wanneer Hy verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die berge bewe voor Hom, die heuwels stort ineen. Die aarde lê verwoes voor Hom, ja, die wêreld met al sy bewoners.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die berge skud voor die Here, die heuwels smelt, die wêreld en almal wat op die wêreld woon, skrik wanneer die Here kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As die berge begin bewe en die heuwels wegsmelt, weet ’n mens duidelik die Here bestaan. Dit is soos ’n aardbewing wat die aarde en sy mense skud.