Nahum 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie kan standhou voor sy grimmigheid? en wie kan in die gloed van sy toorn bly? sy grimmigheid word uitgestort soos vuur, en die rotse word deur hom neergegooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie is bestand teen sy woede? Wie sal die gloed van sy toorn oorleef? Sy woede brand soos ’n vuur. Rotse verkrummel voor Hom tot stof.
Afrikaans 1933/1953
Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.
Afrikaans 1983
Wie kan bly staan voor sy woede? Wie kan sy gloeiende toorn weerstaan? Sy gramskap breek deur soos 'n veldbrand. Rotse word voor Hom uit uitmekaar gebreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie kan staande bly voor sy verontwaardiging, wie kan sy brandende toorn weerstaan? Wanneer sy woede uitbars soos vuur, spat rotse voor Hom uiteen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wie kan voor God staan wanneer Hy kwaad is? Niemand nie. Wanneer God kwaad is, dan is dit soos 'n vuur wat brand. Die rotse breek stukkend voor Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Mens kan vra of enigiemand sal kan oorleef as Hy kwaad is. Dit is nie speletjies as Hy kwaad is nie. Sy woede is so erg, dit is soos ’n vuur wat rotse laat bars en in stukke breek.