Nahum 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God is die HERE, 'n veilige vesting in die dag van benoudheid; en Hy ken die wat op Hom vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.
Afrikaans 1933/1953
Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
Afrikaans 1983
Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here is goed, 'n toevlugsoord in tye van bedreiging. Hy sorg vir wie by Hom skuil,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here is goed. Hy help mense wanneer dit sleg gaan met hulle en Hy is bekommerd oor almal wat vra dat Hy hulle moet beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here is goed. As swaar tye kom, is ’n mens veilig by Hom. Hy sorg vir mense wat wys dat hulle Hom vertrou.