Nahum 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar met 'n oorstromende vloed sal Hy die plek daarvan 'n einde maak, en duisternis sal sy vyande agtervolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Hy tref dié wat teen Hom in opstand kom soos ’n vloedgolf. Hy agtervolg sy vyande die donkerte in.
Afrikaans 1933/1953
Maar met 'n oorstromende vloed maak Hy 'n einde aan die plek van die stad, en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.
Afrikaans 1983
Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar met 'n vloedgolf vernietig Hy die stad geheel en al, sy vyande agtervolg Hy tot in die duisternis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here sal die mense van Nineve straf. Dit sal lyk soos wanneer 'n sterk stroom water hulle wegspoel. Hy sal sy vyande jaag tot in donker plekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar as mense teen die Here in opstand kom, sal Hy hulle vir altyd laat verdwyn. Dit sal wees asof ’n vloed water hulle weggespoel het en hulle in die donkerte verdwyn.