Nahum 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat dink julle teen die HERE? hy sal 'n einde maak; verdrukking sal nie vir die tweede keer opkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoekom beraam julle planne teen die Here? Hy sal dit op niks laat uitloop nie. Daar sal nie weer so ’n bedreiging kom nie.
Afrikaans 1933/1953
Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.
Afrikaans 1983
Wat julle ook al teen die Here bedink, Hy maak dit tot niet. Daar sal nie weer verdrukking wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat kan julle teen die Here beplan? Hy rig 'n totale vernietiging aan! Bedreiging sal nie 'n tweede keer toeslaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sal die planne stop wat julle teen Hom maak. Sy vyande sal nie weer kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Watse planne is julle besig om teen die Here te maak? Daar sal niks van kom nie, want Hy sal dit dadelik dooddruk. Daar is nie eers ’n moontlikheid vir die vyand om ’n tweede keer in opstand te kom nie.