Nahum 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy wat stukkend slaan, het voor jou aangesig opgekom; bewaar die wapenrusting, kyk op die pad, maak jou lendene sterk, versterk jou krag kragtig.
Afrikaans (NLV) 2011
Vyandelike leërs omsingel jou, Nineve! Beman julle wagposte! Hou die paaie dop! Wees slaggereed! Versterk jou met alle mag!
Afrikaans 1933/1953
'n Verwoester trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag!
Afrikaans 1983
Daar kom iemand wat jou sal verjaag, Nineve: bewaak jou vestings, hou dop die pad, maak jou gereed vir die stryd, monster al jou kragte!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Iemand wat uitmekaar jaag, trek teen jou op. Bewaak die vesting, hou die pad dop, gord die heupe vas, monster alle kragte!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “ Nineve, die vyande sal kom en hulle sal julle mense wegjaag na al die kante toe. Julle moet die stad se mure oppas en die pad dophou. Julle moet gereedmaak om oorlog te maak, julle moet al julle soldate bymekaarmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nineve, ’n vyand is besig om teen jou op te trek en gaan jou aanval. Sorg dat jou soldate op hulle pos is. Laat van hulle ook die paaie dophou. Wees reg vir die geveg. Laat al jou soldate saamwerk.