Nahum 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy is leeg en leeg en woes, en die hart smelt, en die knieë slaan teen mekaar, en baie pyn is in alle lendene, en die gesigte van hulle almal is donker.
Afrikaans (NLV) 2011
Die stad is leeggedra, kaalgestroop en verwoes. Harte smelt en knieë knak, hulle bene bewe, en almal se gesigte is bleek.
Afrikaans 1933/1953
Leegheid, ontlediging, vernieling! En die hart versmelt, en knieë wankel, en in al die lendene is krampe, en die aangesig van hulle almal word bleek.
Afrikaans 1983
Nineve is kaal geplunder, leeggedra, verniel, sy mense is verslae, hulle knieë knak, hulle kry krampe in die onderlyf, almal is bleek van die skrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verlatenheid, verwoesting, woesteny! Harte krimp ineen, knieë knak, alle heupe sidder, alle gesigte verbleek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande het alles in die stad gevat. Hulle het die stad verwoes. Die mense van Nineve het bang geword. Hulle knieë het swak geword. Hulle het seergekry. Almal se gesigte het bleek geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Alles wat in die stad gesteel kon word, het hulle gesteel. Die stad is leeggedra. Wat ’n gesig van verwoesting! Die inwoners is in ’n toestand van skok: bleek en bewerig.