Nahum 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waar is die woonplek van die leeus en die weiplek van die jong leeus, waar die leeu, ja, die ou leeu, en die leeumannetjie geloop het, en niemand hulle bang gemaak het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Waar is die lêplek van die leeus, die voerplek van die welpies? Waar is Nineve, die leeu van die nasies, wie se wyfie en welpies kon loop en sonder vrees gelewe het?
Afrikaans 1933/1953
Waar is die lêplek van die leeus, wat die voedingsplek was van die jong leeus? Waar die leeu, die leeuin, die klein leeutjie rondgeloop het sonder dat iemand hulle skrikmaak?
Afrikaans 1983
Waar is die lêplek van die leeus nou, die jagveld van die jong leeus? Waar is die leeu en sy wyfie wat onbevrees met hulle welpies rondgeloop het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waar is die lêplek van die leeuwyfies, die vreetplek van die jong leeus, die plek waar die leeu, die maanhaar, rondgeloop het, waar 'n jong leeu tuis was sonder dat iemand hom skrikmaak?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[11-12] Nineve was soos 'n plek waar leeus bly. 'n Leeu-mannetjie en 'n leeu-wyfie en hulle kleintjie is vir niks bang nie. Hulle vang diere wanneer hulle wil. Die leeu-mannetjie vang 'n dier en verwurg dit en hy bring kos vir sy wyfies en sy kleintjies. Nineve se mense was ook vir niks bang nie. Hulle het ander mense gevang soos leeus diere vang, en hulle het die mense se goed gevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vraag wat ’n mens moet vra, is: Wat gaan nou van Nineve word? Vroeër was die koning soos ’n leeu met Nineve as sy lêplek. Daar het hy saam met sy wyfie rondgeloop en die jong leeutjies kos gegee. Hy het nie eers daaraan gedink dat iets of iemand hulle kwaad sou kon aandoen nie.