Nahum 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die leeu het genoeg vir sy kleintjies in stukke geskeur en vir sy leeuwyfies verwurg en sy gate met prooi gevul en sy kuile met klowe.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy het jou vyande verskeur om jou welpies en wyfie te voed. Jou stede en huise was vol met buit, jou rusplekke gevul met roof.
Afrikaans 1933/1953
Die leeu wat vir sy kleintjies geroof en vir sy leeuinne gewurg het, wat sy gate met roof gevul het en sy lêplekke met buit.
Afrikaans 1983
Waar is die leeu wat gevang het vir sy kleintjies, wat die nek van sy prooi vir sy wyfies gebreek het, wat sy boerplek vol vleis gemaak het, sy lêplek met wat hy gevang het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, waar is die leeu wat genoeg verskeur het vir sy welpies, doodgewurg het vir sy wyfies? Hy het sy blyplekke gevul met buit, sy lêplekke met verskeurde prooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning was heeltemal in beheer van sake. Hy het gemaak net soos ’n leeu sou maak om sy wyfie en sy kleintjies te versorg. Hy het net soos hy lus was van ander volke gevat wat hy wou hê om vir sy wyfie en kleintjies te gee wat hulle nodig het. Die stad en sy huis was vol van die mense wat hy gevang het en die goed wat hy gesteel het.