Nahum 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal haar strydwaens in die rook verbrand, en die swaard sal jou jong leeus verteer; en Ek sal jou prooi van die aarde uitroei, en die stem van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here, die Almagtige, sê: “Ek is jou vyand! Ek sal jou strydwaens in rook en vlamme laat opgaan. Die swaard sal jou soldate afmaai, sonder enige buit op die aarde. Die stemme van jou boodskappers sal vir altyd stil wees.”
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; en die swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem van jou gesante sal nie meer gehoor word nie.
Afrikaans 1983
Ek tree teen jou op, Nineve, sê die Here die Almagtige. Ek laat jou strydwaens in vlamme opgaan, die swaard sal jou dapper leeus afmaai, Ek vee alles wat jy bymekaargemaak het, van die aarde af, jou gesante sal nie meer gehoor word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dis Ek teen jou, Nineve!” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal jou strydwaens in rook laat opgaan; die swaard sal jou jong leeus verteer; wat jy gebuit het, sal Ek van die aarde af verdelg. Die stem van jou gesante sal nie weer gehoor word nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Nineve, Ek is nou teen jou. Ek sal jou oorlogkarre verbrand en Ek sal jou soldate doodmaak. Jy sal nie weer ander mense se goed vat nie. Jy sal nie weer boodskappers stuur na ander plekke nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Neem kennis,” sê die Here wat groot en magtig is, “Ek is jou vyand! Ek verbrand jou oorlogwaens en laat jou dapper soldate op die slagveld doodgaan. Verder vat Ek alles wat jy op jou veldtogte geroof het van jou af weg. Jou mense wat altyd na jou belange by ander volke kyk, sal dit nie meer doen nie.”