Nahum 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die skild van sy magtige manne is rooi gemaak, die dapper manne is in skarlaken: die strydwaens sal brandende fakkels wees op die dag van sy voorbereiding, en die sipresbome sal verskriklik geskud word.
Afrikaans (NLV) 2011
Die geveg teen Nineve begin. Die son blits rooi op die skilde. Helderrooi is hulle uniforms. Die son blink op die strydwaens gereed vir die geveg, en spiese word rondgeswaai.
Afrikaans 1933/1953
Die skild van sy helde is rooi geverf, die dapper manne in skarlaken gekleed, die strydwaens skitter met die glans van staal op die dag as hy hom gereedmaak, en die spiese word geswaai.
Afrikaans 1983
Die skilde van Nineve se aanvallers is rooi geverf, hulle soldate het rooi uniforms aan. Wanneer hulle gereedmaak om te veg, blink hulle strydwaens soos vuur en swaai hulle die spiese.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy helde se skilde is rooi; die bekwame manne is geklee in helderrooi; op die strydwaens is vlammende metaal. Op die dag wat Hy voorberei het, word die spiese dreigend gelig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle vyande se skilde is rooi geverf, en hulle klere is rooi. Hulle oorlogkarre blink soos vuur. Hulle wil julle aanval. Die soldate swaai hulle spiese.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nineve se aanvallers is reg om toe te slaan. ’n Mens kan die spiese in hulle hande baie duidelik sien. Hulle skilde is rooi geverf en hulle dra helder rooi uniforms. Die son blink op die metaal van die oorlogswaens.