Nahum 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die strydwaens sal woed op die strate, hulle sal regstaan, die een teen die ander op die breë paaie: dit lyk soos fakkels, hulle hardloop soos die weerligstrale.
Afrikaans (NLV) 2011
Die strydwaens jaag roekeloos deur die strate en oor die pleine. Hulle flikker soos fakkels, en blits verby soos weerlig.
Afrikaans 1933/1953
Langs die paaie raas die strydwaens, hulle jaag rond oor die vlaktes; hulle voorkoms is soos fakkels, soos bliksemstrale skiet hulle heen en weer.
Afrikaans 1983
Oor die paaie dreun die strydwaens, hulle jaag oor die vlaktes; hulle lyk soos fakkels, soos blitse wat verbyskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor die vlaktes jaag die strydwaens, oor die ooptes storm hulle aan; hulle lyk soos fakkels, soos weerligstrale flits hulle verby.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die oorlogkarre jaag op die paaie, hulle ry vinnig oor die veld. Hulle blink soos vuurvlamme, hulle is so vinnig soos weerlig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die waens dreun en blits heen en weer langs die strate af en ry oor die oop ruimtes. Die aanvallers lyk baie selfversekerd.