Nahum 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy sal sy waardighede vertel; hulle sal struikel in hul wandel; hulle sal haastig wees na sy muur, en die verdediging moet gereed wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning beveel sy offisiere, maar hulle struikel in hulle haas. Hulle jaag na die stadsmure om verdedigingslinies op te stel.
Afrikaans 1933/1953
Hy dink aan sy vername manne; hulle struikel in hul vaart, hulle hardloop na die muur waar die stormdak opgerig staan.
Afrikaans 1983
Nineve maak staat op sy bevelvoerders, maar hulle struikel as hulle aanstorm. Hulle hardloop na die stadsmuur toe, maar die vyand se stormram staan al!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning se offisiere word opgeroep; in gelid struikel hulle in hulle haas om by die stadsmuur te kom. Maar die stormram se skutdak is reeds opgerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning van Nineve roep sy beste soldate om teen die vyande te veg. Maar wanneer hulle kom, dan val party van hulle. Hulle hardloop na die muur van die stad, maar die vyande is al buite by die muur onder 'n skild-dak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Assiriese koning skree bevele uit aan sy offisiere. Hulle storm na die stadsmuur om hulle verdedigingsplanne te laat werk, maar in die gejaag slaan hulle neer.