Nahum 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die poorte van die riviere sal oopgemaak word, en die paleis sal afgebreek word.
Afrikaans (NLV) 2011
Te laat, die riviersluise is reeds oop! Die paleis stort weerloos inmekaar!
Afrikaans 1933/1953
Die poorte van die riviere word oopgemaak, en die paleis smelt weg.
Afrikaans 1983
Die sluise van die kanale word oopgetrek, en die paleis stort inmekaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die sluise van die kanale word oopgeruk, die paleis wankel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan maak die vyande die hekke oop en hulle gaan in, en die mense in die paleis hou op om te veg. Die hekke was in die rivier wat deur die stad gevloei het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is egter reeds te laat! Die hekke van die stad is oopgebreek aan die kant waar die rivier is. Daar is niks meer wat die paleis beskerm nie.