Nahum 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Huzzab sal as gevangenes weggevoer word, sy sal grootgemaak word, en haar diensmeisies sal haar lei soos met die stem van duiwe, wat op hulle bors vertoef.
Afrikaans (NLV) 2011
Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor. Hulle kla soos duiwe wat koer, en gebroke slaan hulle op hulle bors.
Afrikaans 1933/1953
En dit is beslis: die stad word ontbloot, sy word weggevoer, en haar slavinne klae soos die stem van duiwe en slaan op hulle bors.
Afrikaans 1983
Dit staan vas: Nineve word ontvolk, sy inwoners word weggevoer, sy slavinne kla soos duiwe wat koer en slaan hulleself op die bors.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit staan vas: Sy gaan in ballingskap; sy word weggelei. Haar slavinne kla soos duiwe, en slaan hulleself op die bors.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is seker: Die vyande vat al die mense van Nineve weg. Die slavinne kla soos duiwe wat koer, hulle huil en slaan op hulle bors.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit lyk maar sleg vir hulle. Nineve is rot en kaal gesteel en die mense van die stad word weggevat. Die vroue wat gevang is, was so ontsteld dat hulle geluide gemaak het wat klink soos duiwe wat koer. Hulle het op hulle bors geslaan.