Nahum 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Nineve is van ouds soos 'n waterplas, maar hulle sal wegvlug. Staan, staan, sal hulle huil; maar niemand sal terugkyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Nineve is soos ’n lekkende opgaardam, die inwoners verdwyn daaruit! “Staan stil! Staan stil!” word hulle beveel, maar niemand draai om nie.
Afrikaans 1933/1953
En Ninev, is soos 'n vywer van waters, al die dae van haar bestaan. Maar hulle loop weg! Staan tog, staan! Maar daar is niemand wat omdraai nie.
Afrikaans 1983
Nineve is soos 'n dam waarvan die water uitloop. “Staan, bly staan!” klink die bevel, maar niemand draai om nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nineve was op haar dag soos 'n dam water, maar nou stroom dit weg! “Bly staan! Bly staan!” Maar niemand draai om nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Nineve vlug uit die stad soos water wat uit 'n dam vloei. Die soldate skree: “Wag! Staan stil!” Maar niemand kyk om nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos die inwoners uit Nineve stroom, loop die stad leeg. Die mense steur hulle nie eens aan die kwaai bevele om om te draai nie.