Nahum 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Neem die buit van silwer, neem die buit van goud, want daar is geen einde aan die voorraad en heerlikheid van al die lieflike meubels nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Steel die silwer, buit die goud! Daar is net nie ’n einde aan Nineve se skatte nie! Daar is oneindig baie kosbare voorwerpe!
Afrikaans 1933/1953
Roof silwer, roof goud! En onuitputlik is die voorraad, 'n rykdom van allerhande kosbare dinge!
Afrikaans 1983
Die aanvallers roep: “Buit silwer, buit goud! Die voorraad is onuitputlik, daar is nie 'n einde aan mooi goed nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Plunder die silwer! Plunder die goud! Die voorraad is onuitputlik – 'n rykdom kosbare voorwerpe!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande skree: “Vat die silwer, vat die goud!” Daar is baie mooi en duur goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die invallers moedig mekaar aan: “Vat van die goue en silwergoed, want dit lyk nie of daar ’n tekort is aan enige van die skatte wat ons graag wil hê nie.”