Nahum 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die geraas van 'n sweep en die geraas van die wiele en van die perde wat ronddraf en van die waens wat spring.
Afrikaans (NLV) 2011
Swepe klap, wiele dreun! Perde jaag, strydwaens bokspring!
Afrikaans 1933/1953
Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!
Afrikaans 1983
Swepe klap, wiele dreun, perde jaag, strydwaens vat net hier en daar grond;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die klank van swepe! Die klank van wiele wat dreun! Perde wat voortstorm, strydwaens wat bokspring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die vyande slaan die perde met swepe. Die oorlogkarre se wiele raas. Die perde hardloop vinnig, die oorlogkarre skud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So lyk dit waar die geveg aan die gang is: Swepe klap! Wiele rammel! ’n Mens hoor perde wat galop en oorlogswaens wat bokspring op die paaie.