Nehemiah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is nou u dienaars en u volk wat U deur u groot krag en deur u sterke hand verlos het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hulle is u diensknegte, u volk wat U deur u groot mag en oorweldigende krag verlos het.
Afrikaans 1933/1953
Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.
Afrikaans 1983
“Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle is tog u dienaars en u volk wat U deur u groot mag en met u sterk hand bevry het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, hulle is u dienaars, u volk, U het hulle vrygemaak met u groot krag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die Israeliete is tog u dienaars, u eie volk, wat U met u groot mag en krag verlos het.