Nehemiah 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dat Hanani, een van my broers, gekom het, hy en sekere manne van Juda; en ek het hulle gevra oor die vrygeraakte Jode wat uit die ballingskap oorgebly het, en oor Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011
Ganani, een van my broers, het my saam met ander persone uit Juda kom besoek. Ek het hulle uitgevra oor die Jode wat die ballingskap oorleef het en oor die omstandighede in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
het Han ni, een van my broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem.
Afrikaans 1983
Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en 'n paar ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en teruggegaan het, en oor Jerusalem,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ganani, een van my broers, het daar aangekom, hy en manne van Juda. Ek het hulle uitgevra oor die Judeërs wat ontkom het – die Judeërs wat die ballingskap oorleef het – en oor Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Een van my broers, Ganani, het daar aangekom, hy en ander manne uit die land Juda. Ek het vir hulle gevra hoe dit gaan met die Judeërs wat nog lewe en wat voorheen gevangenes in Babel was maar wat teruggegaan het na Jerusalem. Ek het ook vir hulle gevra hoe die stad Jerusalem nou lyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ganani, ’n amptenaar in die koning se diens, en ’n klompie ander mense uit Juda het daar by my aangekom. Ek wou by hulle weet hoe dit met die ander Jode gaan wat die ballingskap vrygespring het en ander wat die ballingskap oorleef het, en ook hoe dit in Jerusalem lyk.