Nehemiah 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het vir my gesê: Die oorblyfsel wat oorgebly het van die ballinge daar in die provinsie, is in groot ellende en smaad; ook die muur van Jerusalem is afgebreek, en sy poorte is met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle antwoord was: “Dit gaan nie goed met die mense wat uit die ballingskap teruggekeer het en daar oorgebly het nie. In die provinsie Juda is daar groot ellende en bespotting. Jerusalem se muur lê om en die stadspoorte is deur vuur vernietig.”
Afrikaans 1933/1953
En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand.
Afrikaans 1983
en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sê toe vir my: “Dié wat nog in die provinsie is en die ballingskap oorleef het, ervaar groot probleme en vernedering. Die muur van Jerusalem is afgebreek en sy stadspoorte is deur vuur verwoes.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir my gesê: “Dit gaan baie sleg met die mense wat nog lewe en wat teruggegaan het uit Babel waar hulle gevangenes was. Vyande het die muur van Jerusalem afgebreek en sy poorte verbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sê toe vir my: “Dit gaan glad nie goed met die mense daar in die provinsie Juda nie. Hulle kry baie swaar. Almal spot met hulle. Die muur wat rondom Jerusalem gebou is, lê ook nog steeds in puin en die stad se hekke is nog nie reggemaak nadat dit afgebrand is nie.”