Nehemiah 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur, toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en geween en sekere dae getreur en gevas en gebid voor die God van die hemel,
Afrikaans (NLV) 2011
Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Vir dae aaneen het ek getreur, gevas en tot die God van die hemel gebid.
Afrikaans 1933/1953
En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel
Afrikaans 1983
By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil; ek het dae lank getreur. Ek het aanhou vas en voor die God van die hemel gebid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Ek het 'n paar dae lank gehuil en getreur, ek het niks geëet nie en ek het gebid tot die God van die hemel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe ek hierdie slegte nuus hoor, het ek gaan sit en huil. Ek was so hartseer dat ek dae lank niks geëet het nie. Ek het tot die God van die hemel gebid.