Nehemiah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Ek bid U, HERE, God van die hemel, die groot en vreeslike God, wat die verbond en die barmhartigheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het gesê: “Here, God van die hemel, U is die groot en vreesaanjaende God. U hou by u verbondsbelofte. U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953
en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou --
Afrikaans 1983
Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God, wat die verbond en trou handhaaf vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, U is die Groot God, almal is bang vir U. U doen wat u verbond sê en U doen wat U belowe het vir almal wat lief is vir U en wat doen wat U wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het vir Hom gesê: “O Here, God van die hemel, U is groot. Almal sidder en bewe voor U. U is die God wat u ooreenkoms nakom teenoor almal wat U liefhet en doen wat U sê. U bly altyd lojaal teenoor almal wat U dien.