Nehemiah 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat jou oor nou aandag gee en jou oë oopmaak, dat jy die gebed van u kneg kan hoor wat ek nou voor jou aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u dienaars, en die sondes van die kinders van Israel kan bely, wat ons teen U gesondig het: ek en die huis van my vader het gesondig.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoor my gebed! “Kyk, en U sal sien dat ek dag en nag vir die mense van Israel, u dienaars, intree in gebed. Ek bely dat ons teen U gesondig het. Selfs ook ek en my familie het sonde gedoen!
Afrikaans 1933/1953
laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.
Afrikaans 1983
luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
laat u oor asseblief aandagtig wees, en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u dienskneg wat ek vandag, wat ek dag en nag voor U bid oor die Israeliete, u diensknegte, die gebed waarmee ek die sondes van die Israeliete bely wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Luister asseblief wat ek bid en kyk na my, u dienaar. Ek bid nou elke dag en elke nag vir u dienaars, die mense van Israel. Ek bely dat die Israeliete sonde gedoen het teen U. Ek en my familie het ook sonde gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Sien my asseblief raak, Here. Ek is u dienaar. Luister na die gebed wat ek dag en nag tot U bid sonder om moeg te word. Ek bid vir u dienaars, die Israeliete. Ek bely dat ons almal teen U gesondig het.