Nehemiah 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ons het baie korrup teen U gehandel en die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat U u dienaar Moses beveel het, nie onderhou nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het verkeerd opgetree deur nie die opdragte, voorskrifte en bepalings wat U vir u kneg Moses beveel het, te gehoorsaam nie.
Afrikaans 1933/1953
Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.
Afrikaans 1983
Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het ons uiters sleg gedra teenoor U en nie die gebooie, vaste voorskrifte en bepalings nagekom wat U u dienskneg Moses beveel het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het baie verkeerde dinge gedoen teen U. Ons het nie gedoen wat U wil hê nie, ons het nie gedoen wat U vir u dienaar Moses gesê het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ook ek en my familie het verkeerd gedoen. Ons het nie genoeg respek aan U bewys nie. Ons het nie geluister na die wette en die voorskrifte wat U aan u kneg Moses gegee het nie.