Nehemiah 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dink tog aan die woord wat U aan u kneg Moses beveel het deur te sê: As julle oortree, sal Ek julle onder die nasies verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hou tog in gedagte wat U vir u kneg Moses gesê het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi.
Afrikaans 1933/1953
Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;
Afrikaans 1983
“Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onthou asseblief die woord wat U u dienskneg Moses opgedra het, ‘As julle ontrou is, sal Ek julle verstrooi onder die volke,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet onthou dat U vir u dienaar Moses gesê het: ‘As julle ontrou is, dan sal Ek julle na al die kante toe jaag tussen die ander volke,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dink asseblief aan wat U vir Moses gesê het: ‘As julle die rug vir My draai, sal Ek julle onder vreemde volke verstrooi.