Nehemiah 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe Sanballat, die Horoniet, en Tobía, die dienaar, die Ammoniet, daarvan hoor, was dit hulle baie bedroef dat daar 'n man gekom het om die welsyn van die kinders van Israel te soek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar van my aankoms te hore kom, was hulle baie kwaad dat iemand van plan was om die Israeliete te help.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe Sanb llat, die Horoniet, en Tob¡a, die Ammonitiese kneg, hoor dat iemand gekom het om vir die kinders van Israel iets goeds te soek, was hulle daaroor erg ontstemd.
Afrikaans 1983
Toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar dit hoor, was dit vir hulle slegte nuus. Hulle het dit as 'n groot ramp beskou dat daar iemand gekom het wat iets goeds vir die Israeliete wou doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Sanballat uit Goron, en Tobija, die Ammonitiese amptenaar, dit hoor, het dit hulle baie sleg getref dat iemand gekom het om die Israeliete se welstand te bevorder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sanballat die Goroniet en Tobija, die amptenaar by die Ammoniete, het daarvan gehoor. Hulle was kwaad en ontsteld, want hulle wou nie hê dat daar iemand moes kom wat iets goed vir die Israeliete wil doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar dit hoor, was hulle baie kwaad dat iemand op pad was om die Israeliete te gaan help.