Nehemiah 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het in die nag opgestaan, ek en 'n paar manne saam met my; en ek het niemand vertel wat my God in my hart gegee het om in Jerusalem te doen nie; en daar was geen dier by my nie, behalwe die dier waarop ek gery het.
Afrikaans (NLV) 2011
het ek en ’n paar ander mense in die nag uitgesluip. Ek het toe nog vir niemand vertel van die planne wat God oor Jerusalem in my wakker gemaak het nie. Ons het geen pakdiere saam met ons gevat nie, behalwe die donkie waarop ek gery het.
Afrikaans 1933/1953
het ek my in die nag gereedgemaak, ek en enkele manne saam met my; maar ek het aan geen mens meegedeel wat my God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie; daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waar ek op gery het.
Afrikaans 1983
is ek die nag stilletjies uit met 'n paar man by my. Ek het vir niemand gesê wat my God my in die hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie. Behalwe my rydier het ek geen diere by my gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het ek in die nag gereedgemaak, ek en 'n paar manne saam met my. Ek het egter niemand ingelig oor wat my God my op die hart gelê het om vir Jerusalem te doen nie. Daar was nie 'n dier by my nie, behalwe die dier waarop ek gery het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het ek in die nag uitgegaan. Daar was net 'n paar manne by my. Ek het vir niemand gesê wat my God my laat besluit het om vir Jerusalem te doen nie. Daar was ook nie diere by my nie, net die dier waarop ek gery het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het ek en ’n paar van my vertrouelinge een nag stil-stil daar weggesluip. Ek het nog nie vir almal vertel watter planne God in my kop gesit het oor Jerusalem nie. Behalwe die donkie waarop ek gery het, het ons geen ander diere by ons gehad nie.